Vandale laat kameelperdbul eensaam

Die 6-jarige kameelperdbul, Tofik

Twee kameelperdkoeie in Pole is dood na vandale by die dieretuin ingebreek het.

Beamptes het Dinsdag gesê hulle is nou op soek na ʼn maat vir die enigste oorblywende kameelperdbul. Vandale het Saterdagaand by die dieretuin in Lodz ingebreek en aanwysingsborde uitgetrek en banke en asblikke in van die diere se hokke gegooi, insluitend een van die hokke waar die drie kameelperde aangehou is.

Barbara Wicinska, ʼn beampte van die dieretuin het gesê een van die kameelperdkoeie is vroeg Sondagoggend dood aangetref en ʼn nadoodse ondersoek het bepaal dat sy weens spanning gevrek het. Die tweede kameelperdkoei is Maandagoggend dood aangetref.

Die hoof van die dieretuin se teel-afdeling, Wlodzimierz Stanislawski, het gesê die dieretuin is nou op soek na ʼn maat vir Tofik, die kameelperdbul.

Owerhede het intussen 5 000 zlotys ($1 500) as beloning aangebied vir enigiemand wat hulle kan help om die vandale op te spoor. Die dieretuin probeer ook bepaal waarom die sekuriteitswagte die polisie eers ure later van die voorval in kennis gestel het. Die dieretuin is nie met kringtelevisiekameras toegerus nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.