Vandale wat wou bewys piramide is deur Atlantis gebou, word aangekla

The-Pyramid-of-CheopsTwee Duitsers wat aanhangers is van samesweringsteorieë word nou vervolg nadat hulle skade in ‘n Egiptiese piramide aangerig het.

Hulle het toegang tot ‘n deel van die groot piramide van Khufu (Cheops) verkry wat gewoonlik nie vir die publiek toeganklik is nie. Hier het hulle onder meer ‘n stuk van ‘n inskripsie saamgeneem met die doel om aan te toon dat Khufu duisende jare na die piramide gebou is, geleef het. Hulle glo die piramides is deur mense van Atlantis gebou.

Benewens die twee Duitsers word ses Egiptenare, waaronder wagte en lede van Egipte se antiekheidowerheid aangehou omdat hulle die Duitsers toegang tot die dele gegee het wat uitsluitlik deur Egiptoloë besoek mag word. Dominique Goerlitz en Stefan Erdmann is nie opgeleide argeoloë nie.

Toerisme in Egipte het skerp afgeneem met die onrus wat in die land voorkom. Plunderaars het die onrus ook benut om van die land se argeologiese erfenis te buit, en die owerhede slaan baie sterk toe op oortreders wat gevang word.

Die volledige artikel in Live Science kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.