Vanderbijlpark-botsing eis lewe

ʼn Man is dood en twee beseer, waarvan een kritiek, nadat die voertuig waarin hulle gery het Donderdagaand in Vanderbiljlpark, Gauteng, omgeslaan en gerol het. Die ongeluk het in Delfos Boulevard gebeur.

Na wat verneem word, het die bestuurder beheer oor die voertuig verloor waarna dit omgeslaan en verkeie kere gerol het. Dit het in ʼn sloot langs die pad tot stilstand gekom.

Een man het reeds aan sy beserings beswyk toe Netcare911 se paramedici opgedaag het. Die ander twee is op die toneel gestabiliseer en per ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Rina-Louise ·

Die man se naam asb??? Ek het n Boeta wat da bly en ek is nou bekommerd! Asb?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.