Vanderbijlpark-man glo met “arsenaal” betrap

Foto: Maricelle Botha, OFM

Jacobus Alwyn Van Zweel wat glo met verskeie vuurwapens en meer as 70 000 rondtes ammunisie betrap is, het Maandag in die landdroshof in Vanderbijlpark verskyn.

Van Zweel se saak is tot Dinsdag uitgestel en is na die streekshof in Sebokeng oorgeplaas, het lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê. Van Zweel is Vrydagaand in hegtenis geneem nadat die polisie op ‘n klagte van huishoudelike geweld na sy huis in Vanderbijlpark ontbied is, berig OFM. “Die verdagte het glo probeer om selfmoord te pleeg ná die voorval van huishoudelike geweld,” het Dlamini gesê. Die polisie het beslag gelê op twee gelisensieerde 9mm-pistole, ‘n gelisensieerde haelgeweer, ‘n AK-47 aanvalsgeweer, ‘n R1-geweer, ‘n R5-aanvalsgeweer, ‘n 357 Magnum-geweer, verskeie AK- en R1-magasyne, 17 9mm-pistole en meer as 70 000 rondtes ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Henning ·

“Die verdagte het glo probeer om selfmoord te pleeg ná die voorval van huishoudelike geweld.”

Met soveel wapens in die huis kon hy seker nie sy mind opmaak nie …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.