Vanderbijlpark-treurspel: Neef skiet egpaar, pleeg selfmoord

Stefanus Sonet Labuschagne. Foto: Facebook

Gert Derks (57), ʼn Namibiër, het Dinsdagoggend sy neef, Stefanus Labuschagne (50), en Stefanus se vrou Sonet (45), glo by ʼn plaaslike seepwinkel in Vanderbijlpark in Gauteng geskiet, waarna hy vermoedelik selfmoord gepleeg het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê Stefanus is dood voor paramedici by die toneel opgedaag het en Sonet het geringe beserings opgedoen. Die voorval het omstreeks 09:00 by I.C. Soap Distributors plaasgevind. Sonet is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Lungelo Dlamini, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê Stefanus is van ‘n kort afstand in die kop geskiet en Sonet het ʼn skraapwond aan haar kop opgedoen.

Ná die skietery het Gert glo ʼn gif gedrink en van die toneel gevlug. Die polisie het sy voertuig tot by die R59-pad gevolg waar hy in mekaar gesak en gesterf het.

Gert Derks. Foto: Facebook

Die voorval hou moontlik verband met ʼn familietwis of ‘n liefdesdriehoek. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Trippie ·

Moord is NIE die antwoord nie !

Waarom kan mense nie net hul verskille op ‘n beskaafde wyse hanteer nie.

Seg Net ·

Daardie deng laat mense se koppe uithaak. Honde baklei daaroor en mense maak mekaar dood oor daardie deng. Mog ek nooit ooit so belustig word nie. Dag seg Trip.

Trippie ·

Hallo Seg Net – hierdie berig is aangepas. Vorige een het beweer die skieter het ‘n “spul pille” gedrink en die dame betrokke se naam was ook anders gespel – “SONNET” ! Ook dat dit net verband hou met moontlike familietwis – nou sien ek daar is nog ‘n moontlikheid – liefdesdriehoek !

WAAROM VERDOMP RONDLOOP IN BUITE-EGTELIKE VERHOUDINGS AANKNOOP AS JY GETROUD IS ?????

Stomgeslaan ·

Ai, hoekom moet mense altyd sulke geweldadige uitkomste kies? Dis vreeslik harseer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.