Vangwa-sleep: Agt beamptes weer in hof

Die twee adjudant-offisiere en ses konstabels wat verdink word van die moord op ʼn Mosambiekse taxibestuurder wat agter ‘n polisievoertuig aangesleep is, verskyn vandag weer in die Benoni-landdroshof.

Die beamptes het Maandag vir die eerste keer in die hof verskyn, waarna die saak uitgestel is vir verdere ondersoek. Hul identiteit kon nie toe bekend gemaak word nie aangesien ʼn uitkenparade gister eers gehou is. Die agt beamptes behoort na verwagting vandag vir borgtog aansoek te doen.

Mido Macia (27), die taxibestuurder, is verlede Dinsdagmiddag agteraan ’n polisievangwa vasgemaak en gesleep ná ʼn onderonsie met die polisie. Hy is later in polisie-aanhouding dood. ʼn Video van die voorval is verlede week op sosiale netwerke versprei en het wêreldwyd só ’n opskudding veroorsaak dat president Jacob Zuma en Riah Phiyega, die nasionale polisiekommissaris, daarop reageer het.

Sien die video hier. WAARSKUWING: Die video kan sensitiewe lesers ontstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.