Vangwa-sleep: Bestuurder was nie van slagoffer bewus

Die polisiebeampte wat die vangwa bestuur het waarmee ʼn Mosambiekse taxibestuurder agter die voertuig aangesleep is, het in ʼn verklaring gesê hy het nie gesien iemand is agter aan die voertuig vasgemaak nie.

Elias Tshole, ʼn verdedigingsprokureur, sê die bestuurder het in die polisievangwa se truspieëltjie gekyk en nie die taxibestuurder, Mido Macia, gesien nie.

“As iemand agter ʼn voertuig aangesleep word, is daar nie ʼn manier wat ʼn mens dit in die truspieëltjie sal sien nie,” het Tshole uit die verklaring voorgelees.

Tshole sê nog ʼn beampte, wat die voorval aanskou het, het wel probeer ingryp. “Ek het na die persoon wat die voertuig bestuur het, gehardloop om hom te sê iemand word agter hom aangesleep,” het die beampte in sy verklaring gesê.

Nege beamptes was Dinsdag vir die derde dag in die Benoni-landdroshof om vir borgtog aansoek te doen. Die beamptes word aangekla van die moord op Macia wat verfilm is waar hy vasgeboei agter aan ’n polisievoertuig deur die strate van Daveyton gesleep word. Macia is en later in polisieaanhouding dood. Die nege beskuldigdes is Motome Walter Ramatlou (37), Michak Malele (46), Thamsanqa Ncema (35), Percy Mnisi (26), Bongumusa Mdluli (25), Sipho Ngobeni (30), Lungisa Ewababa (31), Bongani Kolisi (27) en Linda Sololo (56). Die saak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

litrisia vosloo ·

EK GLO HOM!!. Ek het so iets sien gebeur toe ek ‘n kind was. ‘n Ander kind het agter aan motor vasgehou, toe bestuurder wegtrek, onbewus van kind wat hy saamsleep. Gelukkig het die kind laat los na so ent, maar het baie seer gekry!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.