Vangwa-sleep: Borgaansoek duur Maandag voort

Die borgtogaansoek van die polisiebeamptes wat verdink word van die moord op  ʼn Mosambiekse taxibestuurder wat agter ʼn polisievoertuig aangesleep is, is Vrydag in die Benoni-landdroshof tot Maandag uitgestel.

Daar is aanvanklik berig dat agt beamptes vir die moord op die taxibestuurder, Mido Macia (27), aangekla word, maar ʼn negende verdagte is Vrydag in hegtenis geneem. Al die beamptes het Vrydag onskuldig op die aanklagte teen hulle gepleit.  Macia is verlede Dinsdagaand dood in ʼn sel by die Daveyton-polisiestasie aangetref ná ʼn onderonsie met die polisie. Macia word die naweek in Mosambiek begrawe.

Die polisiebeamptes, wat nou geïdentifiseer kan word, is Thamsanqa Ncema (35), Meshack Malele (45), Motome Walter Ramatlou (37), Percy Mnisi (26), Bongumusa Mdluli (25), Sipho Ngobeni (30), Lungisa Ewababa (31), Bongani Kolisi (27) en Linda Sololo (56).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.