Vangwa-sleep: Polisiebeamptes borg geweier

Die nege polisiebeamptes wat beskuldig word van die moord op die Mosambiekse taxibestuurder Mido Macia is Dinsdag in die Benoni-landdroshof borgtog geweier.

Macia is glo vasgeboei agter aan ’n polisievoertuig deur die strate van Daveyton gesleep en is later in polisie-aanhouding dood. Landdros Sam Makamu het aangevoer dat dit nie in die belang van geregtigheid is om die polisiebeamptes op borgtog vry te laat nie. Makamu het in sy uitspraak gesê dat die inwoners van Daveyton moontlik die reg in eie hande sal wil neem indien die beskuldigdes op borg vrygelaat word. Die nege beskuldigdes is Motome Walter Ramatlou (37), Michak Malele (46), Thamsanqa Ncema (35), Percy Mnisi (26), Bongumusa Mdluli (25), Sipho Ngobeni (30), Lungisa Ewababa (31), Bongani Kolisi (27) en Linda Sololo (56). Die saak sal op 12 April hervat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.