Die nege polisiebeamptes wat aangekla word van die moord op ʼn Daveyton-taxibestuurder, Mido Macia, is Dinsdag deur die Benoni-landdroshof op borgtog vrygelaat.
Die beamptes en hul familielede was oorstelp van vreugde toe landdros Sam Makamu beslis het dat die beamptes elkeen op borgtog van R5 000 vrygelaat gaan word.
Vriende en familie van Macia was egter nie met die uitspraak tevrede nie, maar respekteer die hof se besluit.
Die verhoor gaan na verwagting van 11 tot 29 November in die Delmas-hooggeregshof plaasvind.
Dit was die beamptes se derde poging om borgtog te kry, sedert hulle in Februarie vir Macia se dood in hegtenis geneem is.
Lees ook:
Vangwa-sleep: Saak weer uitgestel
Vangwa-sleep: Polisiebeamptes borg geweier
Vangwa-sleep: Bestuurder was nie van slagoffer bewus
Vangwa-sleep: Kinders sterf in ongeluk met taxi-man
Vangwa-sleep: Man dood weens suurstoftekort
Vangwa-sleep: Borgaansoek duur Maandag voort
Vangwa-sleep: Agt beamptes weer in hof
Vangwa-sleep: Slagoffer se gedenkdiens gehou
Vangwa-sleep: Polisie bly in aanhouding
Skokvideo: Agt polisiemanne vandag in hof
Skok-video: Agt polisiemanne vas vir moord
Ek kan dit nie glo nie, hoe op dees aarde, kan hul die gemors op borgtog vrylaat.