Die borgtogverhoor van die nege polisiebeamptes wat beskuldig word van die moord op die Mosambiekse taxibestuurder, Mido Macia, is Dinsdag in die Benoni-landdroshof uitgestel.
Die prokureurs van die beskuldigdes het gevra dat die verhoor uitgestel word omdat ʼn derde prokureur by die verdedigingspan aangesluit het.
Marius van Wyngaardt, die nuwe prokureur, het gesê hy benodig meer tyd om die beskuldigdes te raadpleeg.
Die saak is tot 13 Augustus uitgestel.
Macia is glo verfilm waar hy vroeër vanjaar vasgeboei agteraan ’n polisievoertuig deur die strate van Daveyton gesleep is. Hy is later in polisie-aanhouding dood. Die nege beskuldigdes is Motome Walter Ramatlou (37), Michak Malele (46), Thamsanqa Ncema (35), Percy Mnisi (26), Bongumusa Mdluli (25), Sipho Ngobeni (30), Lungisa Ewababa (31), Bongani Kolisi (27) en Linda Sololo (56).
Lees ook:
Vangwa-sleep: Polisiebeamptes borg geweier
Vangwa-sleep: Bestuurder was nie van slagoffer bewus
Vangwa-sleep: Kinders sterf in ongeluk met taxi-man
Vangwa-sleep: Man dood weens suurstoftekort
Vangwa-sleep: Borgaansoek duur Maandag voort
Vangwa-sleep: Agt beamptes weer in hof
Vangwa-sleep: Slagoffer se gedenkdiens gehou
Vangwa-sleep: Polisie bly in aanhouding
Skokvideo: Agt polisiemanne vandag in hof
Skok-video: Agt polisiemanne vas vir moord
Die storie is vir my net onaanvaarbaar!!!!! Hoe moet ek ooit die polisie vertrou, wat ons as TAX betalers betaal????