Varkgriep: “Geen uitbreek in SA”

Argieffoto

Die Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het Woensdag verseker dat daar nie ʼn uitbreek van die H1N1-virus, ook bekend as varkgriep, in Suid-Afrika is nie.

EWN het berig hulle is bewus van ten minste 20 mense wat met die griep diagnoseer is, en minstens een persoon wat weens die virus gesterf het.

Barry Schoub, ʼn woordvoerder van Nios, het aan EWN gesê daar is niks ongewoon oor mense wat met die griep diagnoseer word nie. “Dit is ‘n normale griep wat ons elke winter kry,” het hy gesê. Aaron Motsoaledi, die minister van gesondheid, het die publiek ook verseker dat daar geen rede is om paniekerig te raak nie. Joe Maila, die minister se woordvoerder, het ook bevestig dat daar nie ʼn uitbreek in die land is nie.

Varkgriep is behandelbaar met antivirale medikasie wat volop in Suid-Afrika beskikbaar
is.

Die simptome daarvan is ʼn loop- of toe neus, koors, spierkrampe, hoes, kort asem, borspyn, aanhoudende braking, diarree en tekens van dehidrasie. Mense wat aan die simptome ly word aangeraai om hul dokter te gaan sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

marisa ·

Twee van my kinders het dit gekry. Een was in die hospitaal opgeneem en die ander tuis behandel. Die dosis vd medikasie wat varkgriep behandel is landswyd uitverkoop – wel die kinders s’n is. Moes volwasse dosis in hoeveelheid water oplos en dan gedeelte daarvan vir my dogtertjie gee. Nee, seker geen uitbraak of tekort nie. Seker maar toeval…

Werner Seraphim ·

5 Julie 2013, C J my klein seun is vandag gediagnoseer met vark griep in Rustenburg. As iemand van nog sulke gevalle hoor laat weet asb. Die dokter van Medi Cross het dit bevestig en medisyne was beskikbaar vir die behandeling. Hoop dit is nie te ernstig nie en dat hy gou weer gesond sal wees.

Dankie

Werner Seraphim
0826256366

sanet van tonder ·

My man se oom is so 3 weke terug oorlede aan vark griep. In Randfontein is da al 4 mense waarvan ek weet wat dit het. En my niggie in Krugersdorp het dit ook. Ma ja ek se ook dis behandelbaar en ni almal gaan dood ni. As jy di simptome vinnige genoeg behandel is dit heeltemal geneesbaar.

Werner Seraphim ·

My kleinseun CJ het ook die H1N1 virus gehad en na behandeling in Rustenburg is hy nou beter. Ek wonder net of die behandeling permanent gehelp het of sal hierdie virus elke jaar weer sy kop uitsteek. As iemand hierdie inlgting het, dan laat weet asb. Dankie.
Werner Seraphim

Antoinette ·

My dogter (8) het varkgriep, daar was voor die skoolvakansie gevalle by haar skool en die skool is skaars oop nou het sy dit ook, medikasie is oral uitverkoop in Pretoria, ons het wel gekry in Witbank maar moet dit ook self meng en dosering aanpas vir haar gebruik.

Rina ·

My suster in Pretoria het my so pas 15 min terug laat weet dat sy positief getoets is vir die varkgriep virus. Hulle kan haar nie opneem in die hospitaal nie want dis vol. Sy en haar gesin is vir ‘n week lank onder kwarantyn geplaas en mag onder geen omstandighede die huis verlaat nie. Sy het die virus opgedoen by die werk. Wie se dis nie gevaarlik nie…?

venter ·

my skoonsuster is vrydag in hospitaal opgeneem en hul het tot gister middag nie geweet wat is fout met haar nie en sy is toe oorlede…………vandag het hul ons laat weet dit was varkgriep!!!!!!!!

Tania Bornman ·

Daar is 5 gevalle bevestig in Groblersdal en my 3 jarige dogter het nr 6 geword gister wat positief getoets is vir die varkgriep virus en die res van ons gesin begin nou ook simptome wys…….. Daar is geen medikasie oor in Groblersdal nie en ons moes Marble Hall toe ry om die apteek se laaste pakkie Tamiflu te kry wat vir grootmense bedoel is , nou moet ons dit spesiaal aanmaak sodat ons 3 jarige dit kan drink.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.