Varkgriep nog nie in Wes-Kaap

Die departement van gesondheid in die Wes-Kaap het Vrydag gesê daar was nog nie enige berigte van varkgriep in die provinsie nie, berig EWN.

Ten minste twee mense in Gauteng is dood nadat hulle die H1N1-virus opgedoen het. Die departement het gesê bejaarde mense, swanger vroue en persone met chroniese siektetoestande en jong kinders is veral vatbaar vir die virus, berig EWN verder.

“Ons is nou in Julie, maar dit is nog steeds nie te laat om ‘n griepinspuiting te kry nie. Ons versoek dat mense wat in die hoërisiko-kategorie val, hulle griepinspuiting sal gaan kry,” het Faiza Steyn, woordvoerder vir die departement, aan EWN gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.