Vasgekeer in Antarktika: Hulle is uiteindelik gered!

Die helikopter van die Chinese ysbreker Foto uit 'n video deur @profchristurney op Twitter

Die helikopter van die Chinese ysbreker Foto uit ‘n video deur @profchristurney op Twitter

Al 52 passasiers van ‘n skip, wat naby Antarktika in die ys vasgekeer was, is Donderdag gered.

“Aurora Australis het die maritieme owerheid in Australië (Amsa) in kennis gestel dat die 52 passasiers van die Akademic Shokalskiy nou aan boord is,” het Amsa gesê.

Die passasiers is met ‘n helikopter, van ‘n Chinese ysbreker, in groepe van 12 na die Australiese ysbreker, Aurora Australis, gevlieg.

Die Akademik Shokalskiy het op 24 Desember, sowat 100 seemyl oos van die Franse basis Dumont d’Urville in die ys gestrand geraak. Talle pogings deur ysbrekers om hulle te red, was onsuksesvol.

Die span het egter nie hul geesdrif verloor nie en hulle het vrolik die nuwe jaar met ‘n lied, wat hulle self geskryf het, begroet. Klik hier om meer te lees.

Die reddingspoging het Donderdag ongeveer vier ure lank geduur.

Chris Turney, leier van die ekspedisie, het sy verligting uitgespreek dat die lang wag uiteindelik verby is. “Ons is veilig op die Aurora Australis. Baie dankie aan die Chinese en die regering se Australian Antarctic Division vir al hul harde werk,” het Turney op Twitter geskryf.

Lees ook:
Vasgekeer in Antarktika: Reddingspoging duur voort
Video: Al singend die nuwe jaar in, al sit hulle steeds vas in Antarktika
Ysbreker kon nie by Antarktika-skip uitkom nie
Antarktika-skip dalk binnekort bevry
Video: Toeriste vasgeys by Antarktika

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.