Vasgekeerde sekuriteitswagte by Witbank-myn gered

Argieffoto

15 Sekuriteitswagte van die Xstrata-steenkoolmyn (XCSA) in Witbank wat deur vermeende koperdiewe in ‘n ondergrondse skag gyselaar gehou was, is gered.

Die sekuriteitswagte het Dinsdagmiddag ‘n groep van 30 mans in ‘n mynskag agtervolg. Die mans was glo besig om koperkabels te steel. Die vermeende koperdiewe het die wagte begin jaag en hulle in ‘n ondergrondse kamer vasgekeer. Twee van die veiligheidswagte kon ontsnap en hulp ontbied. “Meer sekuriteitswagte is ontbied om hul kollegas te red. Die wagte is Dinsdagaand omstreeks 23:00 weer na veiligheid gebring,” het kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, gesê. Volgens Hlathi vermoed die polisie dat die groep mans nog steeds in die myn is. “Geen beserings is aangemeld nie, en ons hoop om binnekort die verdagtes vas te trek,” het Hlathi bygevoeg.

Die polisie en mynbestuur ondersoek die voorval. XCSA is ook tans besig om die risiko vas te stel voordat normale mynaktiwiteit voortgesit word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.