Vasgetrek toe hulle geld wou onttrek

Drie mans en ‘n vrou is Saterdag in Nelspruit, Mpumalanga, vir bedrog in hegtenis geneem nadat hulle glo onwettig geld uit ‘n bankrekening wou trek.

“Die vier persone, tussen 30 en 52 jaar oud, sal Maandag op klagtes van bedrog in die Nelspruit-landdroshof verskyn,” het kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die groep word al sedert Junie-maand ondersoek.”

Die groep het glo met vervalsde dokumente geld uit bankrekenings van verskeie nie-regeringsorganisasies (NGOs) gesteel. Hulle het organisasies geteiken wat meer as R1 miljoen in hul bankrekening gehad het. “Hulle het ook saam met bankamptenare gewerk,” het Hlathi bygevoeg.

Een man en ‘n vrou is in die bank aangekeer terwyl hulle ‘n groot bedrag wou onttrek. “Die ander twee is buite die bank aangekeer.” Volgens Hlathi het twee persone, wat in ‘n wegkomvoertuig gewag het, weggejaag en is dus nie aangekeer nie. “Ons verwag om binnekort nog inhegtenisnemings te maak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.