Zwelinzima Vavi, geskorste uitvoerende hoof van die vakbondfederasie Cosatu, word vervolg omdat hy die “stem van die werkersklas is”, het Andrew Chirwa, president van Numsa, Woensdag gesê.
“Ons sal nooit Cosatu oorhandig aan diegene wat onophoudelik poog om Cosatu te verswak nie. Daar is niemand wat namens die werkersklas praat nie,” het Chirwa aan afgevaardigdes by die National Union of Metalworkers (Numsa) se spesiale nasionale kongres in Boksburg aan die Oos-Rand van Gauteng gesê. “Terwyl ʼn gedeelte van ons vir Cosatu baklei, sal ons uitvoerende hoof Zwelinzima Vavi verdedig, wat deur die magte van die duisternis geïsoleer is omdat hy die stem van die werkersklas was.”
Chirwa het gesê Numsa erken nie Vavi se skorsing nie.
Die vakbond het ʼn hofaansoek teen Cosatu gebring oor Vavi se skorsing nadat hy op spesiale verlof geplaas is omdat hy glo, onder andere, ʼn verhouding met ʼn junior Cosatu-werknemer by sy kantoor aangeknoop het.
Vavi het ʼn toejuiging ontvang toe hy Woensdag by die kongres opgedaag het. Hy sal na verwagting Woensdagaand die afgevaardigdes toespreek.
Chirwa het gesê Vavi sal “na-ure” praat.
As Vavi wel n verhouding gehad het, so what? Dit maak nie van hom n slegte werker nie ….. Vat hulle Vavi!!