Vavi glo geskors

Zwelinzima Vavi

Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, is glo Woensdagaand deur die vakbondfederasie geskors, berig die SABC.

‘ n Anonieme beampte van Cosatu-huis het dit glo aan die SABC bevestig. Daar is egter geen amptelike bevestiging van sy skorsing nie. Die vakbondfederasie se sentrale uitvoerende komitee het gister oor Vavi se lot vergader. ʼn Werknemer by Cosatu het Vavi verlede maand van verkragting beskuldig. Hy het erken dat hy ʼn verhouding gehad het met die vrou wat hy aangestel het. Die vrou het die aanklagte teruggetrek. Cosatu sal na verwagting vandag ʼn verklaring uitreik oor die uitkoms van die vergadering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Bertie ·

Dis goed so; hulle moet Zuma ook afdank; hy is die grootste skelm wat NOG in die geskiedenis van die Presidensie – as hy nie steel nie, verkrag hy, steel hy, lieg hy en kom hy weg met ALLES
hoekom?? Hierdie hele land van ons is een groot bedrogspul. Mag die Here ons help.

piet ·

BERTIE JY IS REG OOR ZUMA, MAAR VAVI HET OP GESTAAN TEEN ZUMA EN DIT IS HOEKOM HY IN DIE HEK GAAN DUIK. KYK NET NA DIE GROOTBEK MALEMA, ZUMA GEBRUIK ALS OM HOM STIL TE KRY, DIESELFDE GAAN MET VAVI GEBEUR.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.