Vavi met “spesiale verlof”

Zwelinzima Vavi

Die vakbondfederasie Cosatu het Donderdag amptelik bekend gemaak dat Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris, op “spesiale verlof” geplaas is.

“Na lang besprekings het die sentrale hoof uitvoerende komitee besluit dat ʼn volle ondersoek van stapel gestuur moet word oor die bewerings van verkragting en Vavi en die betrokke vrou is versoek om interne tugverhore by te woon,” het Sidumo Dlamini, Cosatu se president, in ʼn verklaring gesê.

“Die komitee het daarop aangedring dat alle betrokke partye gelyke behandeling moet ontvang, en dat die verhore op ʼn vry en regverdig manier sal geskied, in volle nakoming van Cosatu se grondwet,” het hy in Johannesburg aan die media gesê.

ʼn Werknemer by Cosatu, wat glo onregmatig deur Vavi aangestel is, het hom verlede maand van verkragting beskuldig. Hy het erken dat hy ʼn buite-egtelike verhouding gehad het met die vrou, maar dat dit tussen instemmende volwassenes plaasgevind het. Die vrou het die aanklagte teruggetrek.

Vavi het ná die amptelike aankondiging oor sy “verlof” op Twitter geskryf: “Geen onderhoude sal vandag toegestaan word nie, asseblief. Ek sal dit doen wanneer ek wil.”

Hy het vroeër vanoggend getwiet: “In my kantoor, ek pak al my noodsaaklikhede, maak my tafel skoon, ek sal môre of Saterdag praat.” Hy het ook geskryf: “Ek het ʼn fout begaan en het opreg aan almal om verskoning gevra oor my flater. Dit was die regte ding om te doen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eben ·

Vavi ek hou van jou: ” …Geen onderhoude sal vandag toegestaan word nie, asseblief. Ek sal dit doen wanneer ek wil.” Dit kan ons bevestig want jy spyker lekker by die werk ipv werk!

Geen wonder jy doen wat jy wil!! Hoop jy jou les geleer om nie weer by die werk te spyker! Het jy soos jou leier gemaak en na alles loop stort?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.