Vavi nader die hof oor skorsing

zwelinzima vavi

zwelinzima vavi

Zwelinzima Vavi, die geskorste hoofsekretaris van Cosatu het vandag hofdokumente by die Johannesburgse Hooggeregshof ingehandig waarin hy aansoek doen om as ’n party by Numsa se saak teen Cosatu gevoeg te word. Hy het ook versoek dat sy skorsing as hoofsekretaris van die vakbondkonfederasie ter syde gestel word.

“Ek het nooit gedink dat ek eendag geen ander keuse sal hê as om die hof te nader om my regte te beskerm teen die organisasie waaraan ek my hele volwasse lewe help bou het nie,” het Vavi gesê.

Cosatu het verlede maand amptelik bekend gemaak dat Vavi op “spesiale verlof” geplaas is.

“Na lang besprekings het die sentrale hoof uitvoerende komitee besluit dat ʼn volle ondersoek van stapel gestuur moet word oor die bewerings van verkragting en Vavi en die betrokke vrou is versoek om interne tugverhore by te woon,” het Sidumo Dlamini, Cosatu se president, in ʼn verklaring gesê.

Lees ook:
Vavi se aansoek uitgestel
Nuuskommentaar: (Pik + Vavi) x (Marikana + Zuma) ?
Vavi met “spesiale verlof”
Vavi glo geskors
Nuuskommentaar: Knyp die kat in die donker
Verkragting-klag teen Vavi glo laat vaar
Verkragting-skandaal: Vavi se klaagster verduidelik wat het gebeur
Vavi afgepers in verkragting-skandaal

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

H J Bester ·

Hierdie onderonsie tussen Vavi vs Cosatu en die ANC kan nog interessante wendinge neem en dit so aan die vooraand van die 2014-verkiesing. Die ANC en sy vennote is nogal sensitief vir openbare geskille binne die alliansie en daarom kan hierdie Vavi / Numsa / Cosatu-geveg ‘n beduidende negatiewe invloed hê op die voor-verkiesingsfase.

Vas Vat ·

Bravo vir verdeeldheid,persoonlik dink ek hy gryp na die laaste strooihalms.

Seg Net ·

Dag seg almal, Julle kan hom nou maar sleg seg. Hy was en is nie bang om die regering en Zuma aan te vat nie. Dit is al rede waarom hy geskors, of dan op spesiale verlof geplaas is. Zuma duld nie teenstand nie en dit is waaroor dit gaan en niks anders nie.
Kan dit die begin van die end vir Cusatu wees? Vavi het baie steun binne die alliansie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.