Vavi sê jammer op Twitter

Zwelinzima Vavi

Zwelinzima Vavi

Zwelinzima Vavi, die geskorste uitvoerende hoof van Cosatu, het Maandag Twitter as platform gebruik om om verskoning te vra ná ʼn opmerking oor ʼn kollega met wie hy in ʼn verhouding was.

“Julle is reg, ek het te emosioneel geraak in my gesprek. Ek moes nie daai term gebruik het nie, dit is onaangenaam. Ek is jammer vir diegene wat daardeur seergemaak is,” het hy getwiet.

Vavi het Saterdag by ʼn byeenkoms in Sada in die Oos-Kaap gesê hy weet nie hoekom hy ʼn verhouding met daai “nopatazana” gehad het nie, het The Sunday Independant Sondag berig.

ʼn “Nopatazana” kan rofweg uit Xhosa vertaal word as ʼn vrou wat lae morele waardes het.

Vavi het aan die koerant gesê hy het eintlik met “nopatazana” “ʼn meisie” bedoel.

John Dludlu, Vavi se woordvoerder, wou nie oor die voorval kommentaar lewer nie.

Vavi is geskors hangende ʼn ondersoek nadat die vrou hom van verkragting beskuldig het. Hy het erken hy het ‘n buite-egtelike verhouding met haar gehad. Die vrou het daarna ‘n klag van seksuele teistering teen hom onttrek.

Lees ook:
Vavi nader die hof oor skorsing
Vavi se aansoek uitgestel
Nuuskommentaar: (Pik + Vavi) x (Marikana + Zuma) ?
Vavi met “spesiale verlof”
Vavi glo geskors
Nuuskommentaar: Knyp die kat in die donker
Verkragting-klag teen Vavi glo laat vaar
Verkragting-skandaal: Vavi se klaagster verduidelik wat het gebeur
Vavi afgepers in verkragting-skandaal

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Willy ·

Toemaar ou Vavi. Hoef nie onverskoning te vra nie. Stel nou regtig nie belang in jou doen en late nie.

Trippie ·

LoLoLoL !

Hy WEET NIE hoekom hy die verhouding met haar gehad het nie – soort soek soort !

Trippie ·

Seg Net – ‘n man in sy posisie, en boonop getroud, en hy verwys self na die vroumens as een met lae morele waardes – dan moet hy mos self lae morele waardes hê om met haar ‘n verhouding aan te gaan, des te meer, ‘n seksuele verhouding – GA, SIES !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.