Vavi: Werkloosheid is ‘tikkende tydbom’

Zwelinzima Vavi. Foto: Werner Beukes/SAPA

Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, sê werkloosheid in Suid-Afrika is ʼn ‘tikkende tydbom’.

“Die bom sal aanhou tik tot dit op een of ander stadium in ʼn gekoördineerde manier gaan begin ontplof,” het Vavi aan die Sunday Times gesê. Statistiek Suid-Afrika het die week bekend gemaak dat die amptelike werkloosheidsyfer van 24,9% in die laaste kwartaal van 2012 tot 25,2% in die eerste kwartaal van 2013 gestyg het. “Ons sien reeds dat individuele bomme ontplof, maar as die bomme saam ontplof van Marikana tot elke myn, tot elke plaas, tot elke township, dan gaan ons ʼn krisis hê.” Vavi sê werkloosheid moet “elke Suid-Afrikaner slapelose nagte gee.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.