Vavi word dalk gedwing om te bedank

Zwelinzima Vavi

Zwelinzima Vavi, uitvoerende hoof van vakbondfederasie Cosatu, het gesê hy mag dalk gedwing word om uit die politiek te bedank, het eNCA Donderdag berig.

Hy het aan die nuuskanaal gesê sy familie het ʼn vergadering belê om hom te oorreed om die vakbondfederasie en die ANC te verlaat. “Ek hoor dat hulle nou saamspan om in Desember ʼn familie-imbizo te reël, om my te probeer oorreed om weg te stap omdat hulle nie dink dis die moeite werd nie,” het Vavi gesê. “Hulle is bang dat ek eendag op my rug in ʼn swart doodskis by die huis sal aankom.”

Vavi sê hy het al dreigemente ontvang dat sy lewe in gevaar is, en dat dit moontlik deur ʼn beplande motorongeluk of vergiftiging sal geskied. “Ek het my familie al tot die uiterste beproef.” Hy is egter nie seker wie hom wil doodmaak of hoekom nie.

Hy sê hy het nooit kon dink dat sy lewe in gevaar sou wees in ʼn demokratiese Suid-Afrika nie. “Wat vir my teleurstellend is, dat ʼn lewe wat ek verwag het om deur te gaan deur die hele tyd vir my lewe te vrees was lank voor 1994. Ná 1994 het ek naïef gedink hierdie dinge is iets van die verlede.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

piet ·

VAVI, BEGIN MET JOU BONDGENOTE HULLE IS DIE ENIGSTES WAT SAL BAAT AS JY NIE MEER DAAR IS NIE. NIE DIE DA, VP+, COPE OF ENIGE VAN DAARDIE GROEPERINGE SAL OF WIL DIT DOEN NIE, MAAR WEL ANC,ANC JEUGLIGA, KOMMUNISTE EN DAARDIE LIKKEWANE.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.