Reddingswerkers het reeds sowat 50 oorlewendes uit die see aan Papoea-Nieu-Guinee se ooskus opgepik nadat ʼn veerboot met nagenoeg 350 mense Donderdag gesink het.
ʼn Vliegtuig van Australië, drie helikopters en ses skepe fynkam die gebied. Die veerboot het gesink onderweg van Kimbe na Lae gereis. Die premier van Australië, Julia Gillard, het die voorval as ʼn “reuse tragedie” beskryf en sê hulle verskaf die nodige bystand. Australië se Maritieme Veiligheidsowerheid het eerste bewus geraak dat die veerboot in die moeilikheid was en die nodige owerhede in Papoea-Nieu-Guinee in kennis gestel. Die veerboot se operateur kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.