Veiligheid op Tafelberg ‘n kopseer

Foto: http://dumirocks.wordpress.com

Vyf aanvalle op Tafelberg in Kaapstad die afgelope jaar lei tot besorgdheid oor stappers en fietsryers se veiligheid in die gebied.

Rhodes Memorial, Duiwelspiek, Leeukop en Signal Hill is glo gebiede wat veral deur misdadigers geteiken word, het Cape Times Vrydag berig. In 2007 was daar 21 aanvalle op 70 mense. Dit het in 2009 afgeneem na 10 aanvalle, maar in 2011 tot 38 voorvalle gestyg. Daar was in 2012 16 voorvalle aangemeld. Dié daling word toegeskryf aan die polisie se betrokkenheid en ʼn toename van die aantal gewapende bewaarders wat die gebied patrolleer.

Bestuursliggame wat stappers en fietsryers verteenwoordig, het onlangs vergader om die misdaadneigings en maniere om veiligheid te bevorder, te bespreek. “Net soveel as wat ons vir hulle kyk, kyk hulle vir ons. Sodra hulle sien dat ʼn uitkykpunt nie beman word nie, slaan hulle toe,” het André van Schalkwyk, woordvoerder van Table Mountain Watch, gesê. Luidens die verslag is daar by die vergadering besluit dat die berg so veel as moontlik gebruik moet word, aangesien meer aktiwiteit op die berg dit moeiliker vir die misdadigers sal maak om vrylik rond te beweeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.