Veiligheid opgeskerp vir Malema-hofsaak

Malema tydens 'n vorige hofverskyning. Foto: Werner Beukes/SAPA

Malema tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: Werner Beukes/SAPA

Streng veiligheidsmaatreëls sal geld wanneer Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EVV), se korrupsie-verhoor Maandag in die hooggeregshof in Polokwane begin.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, sê hulle sal die area in en rondom die hof patrolleer. Hy sê die middestad en Seshego, Malema se tuisdorp, sal ook gemonitor word. “Die doel is om vrede en stabiliteit te verseker. Geen wetteloosheid sal geduld word nie en diegene wat die wet oortree sal onmiddellik in hegtenis geneem word.” Strate om die hof sal van 6:00 Maandagoggend vir verkeer gesluit wees. Malema word daarvan beskuldig dat hy nagenoeg R4 miljoen gewin het uit korrupte aktiwiteite. Hy is tans uit op borgtog van R10 000 en staan tereg op aanklagte van bedrog, korrupsie, geldwassery en afpersing. Sy medebeskuldigdes is voormalige sakevennote Kagisho Dichabe, Lesiba Gwangwa, Helen Moreroa en Makgetsi Manthata. Hulle is almal vroeër op borgtog van R40 000 elk vrygelaat. Die verhoor sal na verwagting tot 29 November duur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Trippie ·

As ek sy gesig met daardie ewige “grin” op sien, raak ek fisies naar !

Mag geregtigheid geskied – alhoewel, ek dink Malema gaan skotvry daar uit loop, MAG EK VERKEERD WEES !

Trippie ·

TRIPPIE :

Is jy nog orraaaaait daai kant ?

Die dreigoproepe hou nie op nie – ek kom nou mooi reg as die peoples (skuldinvorderaars) bel – antwoord net met ‘n WRONG NAMBA !

Groete, Shane

Shane ·

Wiet gewen? Ekt op my tjommie se bank uit gepaas. Hyt ‘n iligal connecion. Trippie my pel kap hulle net ‘n ignore. Nou moet ek net ‘n flat kouk in die hande kry. Hoe laat is dit?

Hennie van der Merwe ·

Sal julle ASSEBLIEF julle sinnelose platvloerse gekwetter staak. Word groot en lewer sinvolle kommentaar op die betrokke berig! Hierdie is ‘n openbare media!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.