Veiligheidswag aangerand, in toilet vasgebind

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Veiligheidswag is Sondagaand deur ʼn groep mans aangeval, vasgebind en in ʼn toilethokkie op ʼn konstruksiewerf in Pinetown, KwaZulu-Natal, gelaat.

Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die man is Maandag deur werkers aangetref. “Die man, in sy dertigs, is Sondagaand deur ʼn onbekende hoeveelheid mans oorweldig wat hom aangerand en vasgebind het,” het sy gesê. “Hy is toe in die draagbare toilet ingeboender en kon homself nie bevry nie.”

Volgens Jackson het die man veelvoudige beserings opgedoen en het hy ook baie koud gekry omdat dit gereën het. Hy is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die KwaZulu-Natalse polisie kon nog nie bevestig of ʼn saak aanhangig gemaak is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.