Veiligheidswag by OTM beroof

ʼn Veiligheidswag en ʼn bankwerknemer is van ʼn onbekende bedrag geld by ʼn OTM beroof in Zeerust, Noordwes.

Kapt. Pelomoni Makau, woordvoerder van die polisie, sê ʼn veiligheidsvoertuig het by die bank aangekom om geld by die OTM af te haal. Makau sê die veiligheidswag het die OTM-kamer oopgesluit waarna sy teruggekeer het na die voertuig. “Met haar terugkeer het ʼn obekende man haar in die kamer ingestoot en haar en die bankwerknemer met ʼn vuurwapen aangehou. Die verdagte het hulle beveel om die geld in ʼn swart plastieksak te laai. Die verdagte het die bankwerknemer ook beveel om die telefoonlyn te sny voor hy van die toneel gevlug het.” Makau wou nie die naam van die bank bekend maak nie. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.