Veiligheidswag in Edendale geskiet

geweer4-320x1791ʼn Veiligheidswag is Vrydag in die vroeë oggendure in Edendale, suid van Pietermartizburg in KwaZulu-Natal, geskiet en gewond.

“Die wag is in ʼn kritieke toestand nadat hy omstreeks 04:30 in ʼn nywerheidsgebied geskiet is,” het Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911, gesê.

“Die wag is op die toneel gestabiliseer en hy is met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Die rede vir die skietery is nog nie bekend nie. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

Trippie ·

Nie een enkele dag gaan verby wat ons nie hoor van ‘n geskiet, roof, moord en verkragting nie.

DIS NOU DIE NUWE “VERBETERDE” SUID-AFRIKA !

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.