ʼn Veiligheidswag is Vrydag in die vroeë oggendure in Edendale, suid van Pietermartizburg in KwaZulu-Natal, geskiet en gewond.
“Die wag is in ʼn kritieke toestand nadat hy omstreeks 04:30 in ʼn nywerheidsgebied geskiet is,” het Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911, gesê.
“Die wag is op die toneel gestabiliseer en hy is met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.”
Die rede vir die skietery is nog nie bekend nie. Die polisie ondersoek die voorval.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Nie een enkele dag gaan verby wat ons nie hoor van ‘n geskiet, roof, moord en verkragting nie.
DIS NOU DIE NUWE “VERBETERDE” SUID-AFRIKA !