Veiligheidswag gewond tydens OTM-ontploffing

ABSA OTM-aanval in Kemptonpark, Julie 2008

ʼn Veiligheidswag is Dinsdag gewond na ʼn groep gewapende mans ʼn OTM in Pretoria opgeblaas het en daarna in ʼn skietery met die polisie betrokke geraak het.

Adjudant-offisier Annabel Middleton, ʼn polisiewoordvoerder, sê die voorval het omstreeks 03:30 by die Shoprite-sentrum in Baviaanspoortweg in East Lynne plaasgevind. “ʼn Groep mans met outomatiese gewere het ʼn OTM daar opgeblaas,” het Middleton gesê. “Veiligheidswagte van ʼn plaaslike sekuriteitsfirma was by die sentrum toe die voorval plaasgevind het en het die polisie ontbied. Die polisie was vinnig op die toneel en die verdagtes het op die polisie en veiligheidswagte begin skiet. Een wag is ligtelik tydens die voorval gewond. Hy is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem en is later die dag ontslaan,” het sy gesê.

Die verdagtes het met ʼn onbekende bedrag geld gevlug en is steeds soek. Die Villieria-polisiestasie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.