Veiligheidswag in Pinetown doodgery

ʼn Veiligheidsbeampte is dood nadat ʼn voertuig hom Maandagoggend in Pinetown raakgery het.

“Die beampte het omstreeks 06:00 oor die M13-snelweg gehardloop toe ʼn voertuig hom naby die St. Johns-brug getref het,” het Chris Banks, ʼn woordvoerder van Netcare 911, gesê.

Die beampte het ernstige beserings opgedoen en was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.