Veiligheidswag swaar gevonnis vir verkragting

ʼn Veiligheidswag (48) is deur die streekshof in Wynberg, Kaapstad, swaar gevonnis nadat hy sy 13-jarige susterskind verkrag het, het die Cape Argus Maandag berig.

Die man, wie se naam weerhou word om die kind se identiteit te beskerm, is vier keer lewenslank gevonnis. Landdros Kalay Pillay het beveel dat die vonnisse nie gelyktydig uitgedien word nie.

Hy is skuldig bevind aan twee aanklagte van verkragting in 2009 en twee in 2011. Die veiligheidswag het die meisie aangesê om stil te bly oor die verkragtings en haar gedreig dat hy ʼn byl by sy werkplek aanhou.

Volgens die berig is die man in 2002 ses jaar tronkstraf opgelê nadat hy ʼn minderjarige probeer verkrag het. Hy is op 4 Desember 2006 op parool vrygelaat. Hy het sy susterskind glo ʼn jaar nadat sy parool geëindig het vir die eerste keer verkrag.

Die man beplan om teen die vonnis te appelleer.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.