‘Veiligheidswagte’ steel R900 000 by unversiteit

Die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) is van R900 000 beroof deur twee rowers wat soos veiligheidswagte aangetrek was.

The Star berig dat die twee rowers as veiligheidswagte van die Protea Coin aangetrek was. Die rowers het TUT se Pretoria-kampus glo binnegery met ʼn voertuig wat ook soos die maatskappy se voertuie lyk. Volgens die universiteit was die R900 000 studente se registrasiefooie. Die uitvoerende hoof van Protea Coin, Petrus van Niekerk, sê hy weet nie waar het die rowers uniforms en ander toerusting van die maatskappy gekry nie. Die universiteit het eers besef die geld is gesteel toe die regte veiligheidswagte opgedaag het om die geld te kom haal. ʼn Woordvoerder van die universiteit, Willa de Ruyter, sê die rowers het presies geweet wat hulle doen aangesien hulle verby al die universiteit se veiligheidspunte kon kom. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.