Veiligheidswagte tydens transitorooftog gewond

Twee veiligheidswagte is Donderdag tydens ʼn transitorooftog in Goodwood in die Wes-Kaap geskiet en gewond.

Kapt. Frederick van Wyk, ʼn polisiewoordvoerder, het Vrydag gesê drie gewapende mans het op die wagte losgebrand terwyl hulle besig was om geld by ʼn depot in Voortrekkersweg op te laai. “Die rowers het ʼn geldboks met ʼn onbekende hoeveelheid kontant in gesteel, asook twee vuurwapens,” het Van Wyk gesê.

Twee van die rowers het in ʼn gesteelde silwer Volkswagen Polo van die toneel gevlug. Die derde verdagte het in ʼn Toyota Hi-Ace taxi gevlug.

Die veiligheidswagte is na die voorval na ʼn nabygeleë hospitaal geneem waar hulle aansterk.

Die polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof en poging tot moord.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.