Veiligheidswagte vas na hulle glo R1 miljoen steel

Drie SBV-veiligheidswagte is Sondag in Selby, Johannesburg in hegtenis geneem na hulle glo R1 miljoen van dié maatskappy gesteel het.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt kol Tshishikhawe Ndou, sê vier mense tussen die ouderdomme van 29 en 31 het na bewering die geld van die sekerheidsmaatskappy gesteel en na die Vrystaat gevlug. Die polisie het inligting ontvang dat hulle na Johannesburg gaan terugkeer. Die polisie het hulle ingewag en by die Grasmere-tolhek in hegtenis geneem. Hulle huise is deursoek en R456 000 is teruggevind, het Ndou gesê. Hulle sal Maandag in die Johannesburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.