Veldbrand woed steeds in Tulbagh

Die veldbrandseisoen in die Wes-Kaap het met ʼn reuse veldbrand in die berge buite Tulbagh in die Wynlande begin, het EWN berig.

Sowat 150 brandbestryders poog steeds om die vuur wat Saterdag in die Watervalberge begin het, te blus. Die brand het sedertdien na die ander kant van die berg toe verskuif en vier helikopters wat waterbomme kan neerstort moes intussen ingespan word. “Die veldbrand is tans in die plantasies. Ons probeer om dit hier in toom te hou… ons gaan seker die hele dag hier spandeer. Indien die weer verander sal dit sake vir ons vererger,” het Roysten Harris van die Kaapse Wynlande se munisipaliteit gesê. Die brandbestryders probeer ook hul uiterste bes om ʼn brand op Seinheuwel in toom te hou. Theo Layne van Kaapstad se brandweer het gesê, “Geen eiendom is tans in gevaar nie. Op die oomblik lyk dit nie na ʼn ernstige veldbrand nie, maar die windtoestande sal bepaal hoe vinnig ons die vuur kan blus.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.