Veldbrande: Boere kort voer

Foto: Hettie du Plessis / Kathu Gazette

Boere in die Noord-Kaap het lusern nodig vir 14 dae om sowat 5 000 diere te voer ná verwoestende brande die naweek in die gebied uitgebreek het.

Die omgewing tussen Kuruman en Kathu is die ergste hierdeur geraak en boere het onverpoosd sedert die naweek vlamme geslaan om die brande te blus. Die wind was egter baie sterk en die brand kon nie onder beheer gebring word nie.
Die brande is glo deur stakende mynwerkers veroorsaak en die boere in die omgewing oorweeg om ʼn klag van brandstigting in te dien.

RSG berig nagenoeg 60 000 hektaar is vernietig. Die brand is intussen onder beheer gebring en word nie meer as ʼn ernstige gevaar beskou nie. Boere wat kan help kan Agri-Kuruman skakel by 053 712 3544.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hettie du Plessis ·

Die polisie kan nie bevestig dat dit wel brandstigting was nie en daar word ook nie op hierdie stadium ‘n saak van brandstigting ondersoek nie. Volksblad berig vandag dat die brand op die myn se plaas begin het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.