Veldbrande eis reeds twee lewens

Verwoestende veldbrande wat in die Vrystaat en Noordwes woed, het reeds minstens twee lewens geëis, honderde stuks vee doodgebrand en duisende hektaar veld vernietig.

ʼn Plaaswerkers is Dinsdag saam met sy mede-werkers gestuur om vee bymekaar te maak op ʼn plaas in Groot Marico. Die man het egter nie saam met sy mede-werkers teruggekeer nie en sy lyk is later gekry nadat die brand onder beheer gebring is. Die brand het glo Dinsdagoggend naby Klerkskraal en Rysmierbult ontstaan. Sterk winde van tot 53km/h het die brand onbeheerbaar gemaak. Potchefstroom Noord, Muiskraal, Rysmierbult, Welverdiend, Mooibank, Kromdraai, Parys, Lindequesdrift, Fochville, Enselspruit, Klipdrift en Vredefort Koepel is ook deur die brande geraak. Meer as 60 000 hektaar grond is in die brand verwoes. In Carletonville het sowat 400 volwasse stuks vee en 18 kalwers doodgebrand. Op die plaas Boskop naby Coligny moes sowat 120 stuks vee van kant gemaak word nadat hulle brandwonde opgedoen het. ʼn Verdere 21 stuks vee moes op die plaas Rooipan, tussen Klerkskraal en Carletonville, van kant gemaak word. Volgens berigte is sowat 11 000 hektaar weiveld in Steynsrus in die Vrysaat vernietig. In die Vredefort-omgewing is sowat 200 000 hektaar weiveld afgebrand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.