Veldtog om honde se eienaars te kry

Een van die foto's wat op sosiale netwerke versprei word.

ʼn Veldtog is op sosiale netwerke begin in ʼn poging om die eienaars van honde wat glo in Suid-Afrika gesteel is en na Namibië gesmokkel is, op te spoor.

Beeld berig dat tien honde Maandag oor die grens vervoer is in ʼn sleepwa agter ʼn Jeep Cherokee, Dinsdag nog tien op ʼn Ford Bantam bakkie en nog vyf Woensdag in ʼn onbekende voertuig. Diereliefhebbers het intussen verskeie Facebook-groepe, waaronder Lost and Found Dogs South Africa en Namibia Animal Awareness, gebruik om die honde se eienaars te probeer opspoor. Van die honde wat gesteel is sluit in poolhonde, rifrûe, Duitse herdershonde, boerboele en rottweilers. Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) en Interpol probeer intussen ook die eienaars opspoor. ʼn Woordvoerder van Interpol sê hulle is in die proses om die honde terug in Suid-Afrika te kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.