Veldtog vir 51ste staat in VSA

Die Jefferson-vlag

Die Jefferson-vlag

Na 150 jaar het die gedagte dat die noordelike distrikte van Kalifornië ‘n eie staat, bekend as Jefferson, weer nuwe lewe gekry.

Talle ondernemings in die landelike noorde van Kalifornië laat reeds die Jeffersonvlag wapper – ‘n vlag wat in 1941 tydens ‘n opflikkering van die sesessie-gedagte die lig gesien het.

Die landelike noorde voel vervreemd en uitgebuit deur die verstedelikte suide van die deelstaat. Die inwoners het tradisioneel veel meer in gemeen met die buurstaat, Oregon, met wie hulle ‘n geskiedenis deel van rugstekery in die Amerikaanse kongres. Trouens, die Jefferson-vlag bevat twee kruisies om dié rugstekery deur hul kongreslede te simboliseer. Verskeie distrikte het reeds deur ‘n meerderheidstem hul steun vir die sesessie toegesê, of minstens ingestem dat dit op die agenda geplaas word.

Sessie in die VSA is egter ‘n baie moeilike proses, en moet deur meerderhede in die deelstate se wetgewers en in die Kongres goedgekeur word. Die laaste deelstaat wat kon afskei, was Wes-Virginië in 1863. ‘n Onlangse poging in Colorado het bloedneus gekry.

Die noorde se strewe na sesessie word nie oral goed in die suide ontvang nie. ‘n Suidelike briefskrywer aan die Los Angeles Times skel hulle as “rednecks” uit wat net meer steun vir die Republikeine wil opkommandeer. Ander stem egter saam dat die mense in “Jefferson” ‘n beter bedeling verdien.

In 1941 is die staat Jefferson selfs “gestig” en die kaart daaarvan dui ‘n hele klompie distrikte van Oregon en Kalifornië aan. Die projek het selfs ‘n eie webwerf, bekend as “Jefferson Statehood Project” en kan hier besigtig word.
Bron: Los Angeles Times

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.