Velvet Sky finaal gelikwideer

Velvet Sky lugredery is Donderdag deur die hooggeregshof in KwaZulu-Natal bankrot verklaar.

Regter Phillip Nkosi het ʼn versoek om die saak uit te stel van die hand gewys en gesê dit is nie in die belang van die krediteure nie, berig Fin24. Die hof het vroeër aangehoor dat Velvet Sky sowat R100 miljoen aan sy krediteure skuld. Gerrie Roberts, van krediteure BP Suidelike Afrika, het gesê dit was onvermydelik dat die lugredery bankrot verklaar sou word.

Die goedkoop lugredery is in Mei onder voorlopige likwidasie geplaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jeannie du Plessis ·

Ek wonder net of een van die ander rederye nie dalk besluit het om Velvet Sky uit te haal. Dis die maklikste ding om net gerugte te versprei, en as jy nie baie sterk is nie, kom jy net daar deur nie. Wonder maar net?
Maar as ek lys van verwante artikels lees, mag dit n heeltemal ander storie wees ……dieselfde pad as Aurora. Dis n lelike storie en weet jy wat daardie klomp loop weg, net dikker en ryker en hul werkers kry niks. Jammerlike toestand van sake in ons land, dat sulke dinge maar reg is……en jy die regte konneksies en vriende het…….maar dis hoe dit is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.