Velvet Sky vertragings duur voort

Vlugte van die lugredery Velvet Sky is Vrydagoggend met meer as drie ure vertraag nadat talle vlugte gisters eers vertraag en toe gekanselleer is.

Velvet Sky sê in ʼn verklaring dat die 5:45 vlug van Johannesburg na Kaapstad, die 6:10 vlug van Durban na Johannesburg en die 6:20 vlug van Johannesburg na Durban vertraag is. Die lugredery sê ’n kontrakgeskil met een van sy “verskaffer” is die rede vir die vertragings. Velvet Sky sê hy is in die proses om van verskaffer te verander maar dat dit nie betyds afgehandel is om vertragings te voorkom nie. Passasiers is gister by O.R. Tambo-lughawe, in Durban, Kaapstad en Port Elizabeth gestrand. Velvet Sky sê passasiers sal vergoed word vir gekanselleerde vlugte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.