Velvet Sky-vlugte opgeskort

Velvet Sky het Maandag al sy vlugte opgeskort nadat van die lugredery se verskaffers glo geweier het om brandstof aan die maatskappy te verkoop.

EWN berig dat alle vlugte oor die naweek soos geskeduleerd voortgegaan het. “Ons het goed begin Maandag. Ongelukkig moes ons alle vlugte kanselleer weens die onbeskikbaarheid van brandstof,” sê ‘n woordvoerder van Velvet Sky, Gary Webb. Verlede week is talle vlugte vertraag of gekanselleer nadat die lugredery nie van sy diensverskaffers kon betaal nie. Velvet Sky veg intussen ook teen ʼn aansoek om die maatskappy te laat likwideer. Talle passasiers is intussen weer gestrand na vlugte Maandag gekanselleer is. Passasiers by Or Tambo Internasionale Lughawe wou weet hoekom die lugredery kaartjies verkoop het oor die naweek hoewel hulle van die brandstof ontwrigting geweet het.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.