Ventersdorp-man vas na hy glo metrobeamptes aanrand

ʼn 52-jarige man van Ventersdorp in Noordwes is Maandag in hegtenis geneem nadat hy glo drie metropolisiebeamptes aangerand het.

Lesolang Simon Mmope, woordvoerder van die departement van openbare veiligheid, sê die man, ʼn boer van die omgewing, het glo drie vroue beamptes aangerand nadat hulle hom by ʼn padblokkade op R30 tussen Ventersdorp en Derby voorgekeer het. Mmope sê die beamptes het opgemerk dat sy lisensie in 2007 verval het en hom gevra het om uit sy motor te klim sodat hulle hom kan beboet. Die man het hulle glo aangerand en weggery. Die beamptes het hulp ontbied en die man is sowat ʼn kilometer verder vasgekeer. Hy is in hegtenis geneem en sal Dinsdag in die Ventersdorp-landdroshof verskyn op aanklag van aanranding en die belemmering van ’n polisielid in die uitvoering van sy of haar pligte. Die drie beamptes is in die Ventersdorp-hospitaal opgeneem vir behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.