Ventersdorp-plaasaanval: Verdagte in hof

Een van twee mans wat van die moord op Johan Stiglingh van Ventersdorp aangekla word, het Woensdag in die hof verskyn.

“Slegs die verdagte wat Sondag aangekeer is, het in die hof verskyn,” het brig. Thulani Ngubane, woordvoerder van die polisie in Noordwes, gesê. “Die man sal Vrydag gesamentlik met die ander verdagte in die hof verskyn. Hy bly steeds in aanhouding.”

Die 22-jarige en die tweede verdagte, ʼn 21-jarige man, het Stigling (67) glo Sondagoggend buite sy plaashuis aangeval. Hy is oor die kop geslaan en in die huis in gesleep. Hier het hulle op Corra, Johan se vrou, afgekom. Hulle het haar vermoedelik verkrag en aangerand. Die mans het haar vasgebind en met twee selfone gevlug. Sy kon haarself bevry en by ʼn naburige plaas om hulp gaan aanklop. Johan is op die toneel dood. Corra sterk in die hospitaal in Klerksdorp aan.

Die 22-jarige is Sondagaand omstreeks 23:00 ná ʼn wenk aangekeer. Die 21-jarige is Dinsdagoggend omstreeks 09:15 in Khuma naby Klerksdorp aangekeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.