“Verantwoordelike” dief

Die polisie in Connecticut, Amerika, sê ‘n man wat ‘n kitskos-afleweringsvoertuig gesteel het, het steeds die kos by die klante afgelewer.

Keith Hinds (45) is Vrydag in hegtenis geneem vir diefstal, die besit van marijuana, en ander dwelmverwante aanklagte. Die polisie in West Hartford sê hulle het ‘n oproep van ‘n Sjinese restaurant ontvang om te sê dat hul afleweringsvoertuig gesteel is nadat dit glo buite ‘n skool staan en luier het. Die bestuurder van die voertuig het sy werkgewer van die diefstal in kennis gestel sodat hulle klante kan waarsku dat die bestellings saam met die voertuig gesteel is. Een van die bestellings is ná die diefstal afgelewer. Die polisie vermoed Hinds wou die klante se kontant ook buit.

Hinds is op $5 000 (sowat R40 000) borgtog vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.