‘Verban vuurwerke,’ eis DBV

Waarskuwing: Die foto onderaan die berig kan sensitiewe lesers ontstel.

Die Tshwane-Dierebeskermingsvereniging (DBV) staan sedert Oujaarsaand bont om verlore honde met hul eienaars te herenig as gevolg van vuurwerke wat onwettig in die stad afgeskiet is.

Korky Levanon, ʼn woordvoerder van die Tshwane-DBV, het aan Maroela Media gesê een van die ergste voorvalle wat hulle teëgekom het, was van ʼn Labradorkruising-hond in Mabopane wat van die oorverdowende geraas van klappers wou vlug. “Die hond wou deur ʼn veiligheidshek spring en is deur die skerp penne deurboor,” het Levanon gesê. “Ons kon ongelukkig niks vir die dier doen nie. Hy moes weens verskeie inwendige beserings uitgesit word.”

Volgens Levanon ontvang hulle talle versoeke van diere wat vermis is, rondloop of opgetel is. “Ons is druk besig om inligting bymekaar te maak,” het sy gesê.

Sy sê hulle het klagtes van klappers van regoor die stad ontvang. “Ek was Oujaarsaand in Pretoria-Oos en ons het oor Mamelodi uitgekyk, dit het soos ʼn oorlog-sone daar gelyk,” het sy bygevoeg.

“Vuurwerke moet heeltemal verban word. Dit is onwettig om vuurwerke in geboude gebiede te skiet, maar sommige inwoners steur hul bloot eenvoudig net nie daaraan nie. Diere is tot enigiets in staat om weg te kom van al die geraas wat hulle hoor,” het Levanon gesê.

Waarskuwing: Die onderstaande foto kan sensitiewe lesers ontstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Johanna ·

Dit is baie hartseer dat die arme onskuldige diere so ontnugter moet word. Toe ons van die middagnag erediens afkom oujaarsnag toe hardloop die strate ook vol hone wat by hule erwe uitgekom het opsoek na skuiling.
Ek se ook verban die goed.

Nicoline Crafford ·

In Klerksdorp het dit oujaarsaand soos ‘n oorlog geklink wat uitgebreek het. Dit het al vroeg begin maar van nege uur die aand af het dit inalle erns toegeneem en aangehou dit twee uur die oggend. Orals het jy honde hoor histeries tjank. Ek en my gesin kan dit nie waag om oor Kerstyd of Nuwe jaar weg te gaan nie want ons een hond raak histeries. Kalmeer pille werk nie. Ons moet die heeltyd by hom sit en met hom praat. Hy het al venters uitgespring en veiligheidshekke se tralies gebuig in sy poging om weg te kom van die lawaai af. Ek dink dis hoogtyd dat vuurwerke heeltemal verban word. Geen invoere of verkope moet toegelaat word nie. Behalwe vir die diere is daar ook soveel mense wat al vermink is deur vuurwerke dat dit vir my ongelooflik is dat dit nog nie verban is nie.

Romay ·

My hart breuk in stukke vir ons diere, want hulle sal ons beskerm met hulle lewe en daar wees wanneer niemand anders daar is nie. Hoeveel keer gaan ons moet lees van honde en katte wat beseer of dood is deur mense wat selfsugtig is en die land wat dit nie wil verban nie??!!!! Wie staan op vir hulle wie is hulle stem!!!??? Mense wil he ons moet trots wees op ons land,maar hoe kan ons wees???!! Kyk na die onskuldige diere wat so behandel word. Ek kan net een ding se ek is so teleurgestel in mense en Suid-Afrika.

SANETTE HENNING ·

Waarom winkels toegelaat word om vuurwerke aan te hou . Versoeke dat vuurwerke verban moet word val op dowe ore want dis mos in wettoepassers se ore net diere wat vernietig word en as ek reg verstaan het nie eens mr Zuma liefde vir diere na sy opspraakwekende uitlating oor swart hondeeienaars. Wanneer mense so beseer word deur vuurwerke word daar vinnig opgetree. Wetstoepassers het geen erg daaraan as onwettigge vuurwerke geraopporteer word nie. Selfs kafees hou vuurwerke aan – is daar nie regulasies en veiligheid wat nagekom moet word as winkel wil vuurwerke verkoop.

Sal iemand wat weet hoe n petisie op webwerwe begin sodat ons gehoor word en die petisie aan regering oorhandig asb tog

MARTHIE ·

daar is ‘n webwerf ban fireworks in South Africa wat ‘n petisie vorm het jy kan daar ingaan en die vorm teken en aan stuur

Ronel van Vuuren ·

Hi Marthie, ek het nou net probeer om die petisie op die ban fireworks website te teken, maar dit se die petisie is gesluit. Ek het ook gaan kyk op die Beauty without Cruelty website, wat die petisie skryf, maar daar is ook niks. Net gedink om te laat weet

johanna goosen ·

Verban alle vuurwerke sluit mense wat vuurwerke skiet weg en gooi die sleutels weg. Sulke mense is selfsugtig en dink net aan hulself geen gevoel vir medemens of dier nie

Elsabe Brink ·

My hond het so geskrik sy het by my man op die bed gespring en opgekrul by hom gele, my seun se worshond het ek in sy kamer gesit toe klim sy in die kas. Ek het haar maar daar gelos en die deur effens toe gemaak. Ek se vuurwerk moet heeltemal verban word, kyk net daardie arme hond. Iewers wag n eienaar op sy mooi hond en is daardie hond nou dood. Dis so onregverdig teenoordie diere, hulle vra nie om daar te wees nie, ook nie dat die mense klappers moet skiet nie. Al wat n dier vra is liefde en aandag en dan kry mense sulke breindood mense wat hulle soos kinders gedra. Nee verban die klappers dan sal ons honde nasie rustig kan lewe.

wyona ·

Asb VERBAN my arme diere is in so ‘n toestand van skok met die vuurwerke en klappers wat geskiet word, dit kos baie geld om kalmeer middels by die Diere Dokter te kry om hulle te help om te kalmeer, en het ook gevind dat die pille wat ek vir my arm bang honde ingegee het hulle so deurmekaar gemaak het, dit het gelyk of hulle iets onwettig gerook het.

Janine ·

Dit maak mens siek. Ons bly in die hoof straat van Witfield in Boksburg en dit was vreeslik. Daar is van vroeg af vuurwerke geskiet deur almal om ons selfs die huise wat ek weet het self diere. Dis baie hartseer dat mense wat diere het en veronderstel is om vir hulle te sorg self hulle diere deur hel sit. Die grootste skok was die kerk langs my huis. Na die middernag diens het die pastoor van die kinders van die kerk toegelaat om vuurwerke in sy erf af te vuur. Ek kon net toe kyk en was woordeloos.

BIANCA BARNARD ·

Verban asb vuurwerke en sluit mense toe wat vuurwerke laat plaas vind en onwettig die goed skiet.

Marlene Thiart ·

Dit is duur,gevaarlik en die samelewing kan sonder dit klaar kom,ons het nie nodig om ons geld die lug in te skiet nie en so is daar nie meer n brand gevaar,kinders en ouer mense wat seerkry en diere wat bang is en hulle self seer of selfs dood gaan asgevolg van vuurwerkers wat jou nou n min. of 2 se plesier gee teen n prys nie.

MARTHIE ·

Verban vuurwerke, ons het nie die tradisie nodig nie, dis barbaars as mens en dier daaronder ly. Die arme diere weet nie hoe om van die onaardse lawaai weg te kom nie. Kom ons span saam en stuur eerder lant erns die lug in. Ons het hierdie oujaar die nuwe jaar ingegaan daarmee.

Op die lanterns het ons,ons wense, vrese en ook almal wat ons die jaar verloor het se name opgeskryf, asook almal wat in die hospitale was en gesond anderkant uitgekom het en ook die wat aan kanker ly. Dit het baie meer betekenis gehad en ons die kinders en ook ons diere het dit baie meer waardeer.

Kom ons maak dit liewer ons tradisie om elke geleentheid meer te af te skop

Petra ·

Verban alle vuurwerke en laat mense wat Vuurwerke skiet vir n tyd gaan werk by die SPCA en by Veeartse vir hulle straf.

Theona Hilder ·

Verban……verban……verban…..verban!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! En sluit sommer die wat dit gebruik vir ewig toe. Hulle kan sommer gebruik word (harde hande arbeid) om ons paaie weer in ‘n rybare toestand te kry en na-ure kan hulle by die DBV gaan inklok vir diens!!!

Anna-Marie ·

Stem verban die simpel goed, kyk wat het die arme hond oorgekom. My vriendin se hond het haar ook amper self opgehang, my kat het heeltyd onder ons bed weggekruip my hond het by ons in die huis gelê en mens kon sien elke keer as daar n klapper skiet lyk haar oë verwilderd.
Ek glo daar het nuus deur gekom as jy die goed skiet moet jy n permit daarvoor hê, dit moet ook verban word in totaliteit, geen permitte moet uitgeryk raak nie, en vir die persoone wat skiet n heerlike aand in die tronk saam met die ander kriminele, en ons almal weet wat gebeur in daardie plekke.

Annemarie Wolmarans ·

Verban en verbied alle soort klappers! Gee hierdie mense wat dit verkoop GROOT boetes. Al het ek vir my Yorkies pille gegee, wat dit nog steeds ‘n nagmerrie om hulle rustig te hou.

Gerrie Brits ·

sluit die toe wat nie luister nie Maak n voorbeeld en sit n nr op om dit te raporteer

Marileen Jacobs ·

Verban dit ons het ‘n Airdale wat verskriklik bang is vir weerlig en vuurwerke, my skoonsus het oujaar vir hom pille kom ingee wat die veearts gegee het om hom te kalmeer vir die aand, dit het nie veel gehelp ons was in die wildtuin toe ons gister by die huiskom het hy vasgesit agter die wasmasjien tussen die pype soos hy probeer vlug het, hy was heeltemal uitgeput en bang, hy het die hout op die vensters afgekou soos wat hy probeer het om in die huis in te kom vir skuiling. Opppad terug van die Wildtuin het ons 4 dooie honde langs die pad gekry tien teen een honde wat gevlug het vir vuurwerke en doodgery is in die proses.

Maryke ·

VERBAN defenitief alle vuurwerke. Daar sal beslis iets onmiddelik gedoen moet word. Ek het oujaar Sektor polisie gebel, hul het net gese die mense luister nie na hulle nie. Ek het ook die polisie en metro polisie gebel maar hulle vat te lank om uit te kom en die mense weet dit. Die arme honde kan nie vi hul self praat nie dis hoekom ons namens hul MOET praat.

Pat Crouse ·

Vuurwerke is nog ‘n euwel wat van oorsee af kom. Miljoene mense kan nie eers bekostig om voedsel te koop nie en ander mense skiet duisende rande in ‘n paar minute die lug in. Die grootste sondebokke het nie eers gevoel vir mense nie, hoe kan hulle diere in ag neem. Verban dit totaal en al

Sharyn ·

Ek bly in Margate en glo my die vakansiegangers hou nog steeds nuwejaar. Die klapper het al meer as ‘n week voor kersfees begin hier. Die skade aan my vensters en deure praat ek nie eers oor nie. Die klappers klap nog elke aand hier. My een hond het het die draad gespring en lelike been besering opgedoen. Dit gaan nie meer net oor die diere ook nie, maar ook oor die onnodige kostes wat diere eienaars moet aangaan vir medikasie vooraf en veearts kostes daarna. Baie dankie vir die Dbv vir julle onbaatsigtige werk.

Ronel van Vuuren ·

Ek se ook VERBAN asb alles vuurwerke. Die diere het ongelooflik swaar gekry en in Pretoria skiet hulle nog steeds vuurwerke. Hoe is dit moontlik ? Dit is mos verondersel om verban te wees ? Hoekom kan die polisie absoluut niks daaraan doen nie ? Is daar nie iemand wat ‘n organisasie kan stig wat die wet kan toepas nie ?

Marie-louise van der Westhuizen ·

Hier in Secunda is dit net so erg!!!! Lê die wetters ‘n boete op!!!!!! ek ondersteun die DBV en sal help met petisies as dit moet!!! STOP DIE VERKOOP VAN VUURWERKE!!!!!!!!!

Brenda ·

Die regering steur hulle nie eers aan die uitwissing van die Boere in Suid-Afrika nie, so hoekom sal hulle hul steur aan die beskerming van troeteldiere, wat in ons geliefde president se eie mond, slegs ‘n Blanke kultuur-ding is???

Hannes ·

Mense om te kla gaan nie help nie, neem aksie in jou eie dorp, begin ‘n groep, hetsy dit nou op Facebook of waarookal is om teen vuurwerke te werk. Ondersteun mekaar en ruil idees uit in jou gemeente om vuurwerke te bekamp. Ja dis maklik om te se verban vuurwerke, maar die “Poepholle” wat dit gebruik sal aangaan, Stel liewers vir hulle ‘n plek toe waar hulle iewers buite die dorp weg van diere af hulle ou geraas goedjies kan skiet. In Groblersdal gaan dit nie oor die mooi vuurwerke nie, die klomp besluit sommer om goed soos cherrieboms en so tussen die huise te skiet. Dis wreed.. Ons het al die ander jare buite die dorp ‘n plek gereel om vuurwerke af te vuur en dit was baie beter.

Kruger ·

Vir 364 dae n jaar blaf al daardie honde dag in uit, dit is al so erg dat ek ook deur my hek wil spring. Nou is dit eweskielik n skande om op een aand n paar vuurwerke te skiet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.