Verbied selfone in skole, vra NVS

Die Nasionale Vereniging van die Skoolbeheerliggame (NVS) wil graag ʼn verbod plaas op die gebruik van selfone in Suid-Afrikaanse skole, het Beeld Vrydag berig.

Luidens die NVS is dit noodsaaklik om kinders toe te laat om op hul werk te fokus en om hulle “teen ongerymdhede op sosiale netwerke” te beskerm. Matakanye Matakanye, sekretaris van die NVS, het aan Beeld gesê dat selfone ʼn afleiding is wat tot die verbrokkeling van die onderrig-millieu lei. “Die goed wat kinders op sosiale netwerke kry is skokkend. Dit besoedel kinders se gedagtes en verhoed hulle om enigiets te leer,” het hy gesê. Dit het nie gehelp om kinders bloot net aan te sê dat hulle wel hul selfone skool toe mag bring, maar dit nie mag aanskakel nie. Beheerliggame moet die selfoonbeleid hersien,” het Matakanye gesê.

Ander beheerliggaamverenigings stem egter nie saam nie. Paul Colditz, hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole(Fedsas) het gesê onderwysers moet seker maak dat selfone nie vir verkeerde redes gebruik word nie. Tim Gordon, hoof uitvoerende beampte van die Beheerliggaamstigting, sê dit sal selfsugtig wees om selfone te verbied, aangesien dit ʼn belangrike kommunikasiemiddel tussen kinders en ouers is veral wat veiligheid betref.

Klik hier om die oorspronklike berig in Beeld te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.