Verbruikers gaan meer vir hoender betaal

hoenderVerbruikers kan hul vere regskud vir ʼn styging in die prys van pluimvee, het Rob Davies, minister van handel en nywerheid, Maandag bekend gemaak.

Davies het die invoertariewe van pluimvee met ʼn gemiddeld van 8.75% verhoog en is van mening dat dié styging nodig is om die plaaslike produksie van hoender te vermeerder en om werkskepping in dié industrie te behou.

“Jy gaan ʼn bietjie meer betaal vir die geroosterde hoender wat jy op jou etenstafel gaan opdis, maar so sal jy help dat daar werkskepping in Suid-Afrika plaasvind,” het Davies gesê.

Davies het gesê die plaaslike industrie “bloei” en dat dié stap nodig is om die plaaslike pluimvee-industrie te ontwikkel.

Davies het gesê die verhoging sal vir een jaar van krag wees om te sien of dit ʼn impak op die plaaslike industrie sal maak.

Die tariefverhogings is onmiddellik van krag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Behalwe die salarisse van petroljoggies wat met 11.6% gestyg het, (waarvoor ons 4c per liter petrol opdok) is daar nie een staatsdepartment wat ‘n verhoging van meer as 5 of 6% gekry het maar hou het die minister sowaar die vermetelheid om te kom se ons kan werkloosheid help as hy die hoenderprys met 8.75% verhoog! Hoe werk hy dit uit? Inteendeel ek dink meer van hulle gaan sonder werk raak want al hoe minder huise kan bekostig om voltydse bediendes in diens te neem! Hoe gaan die verhoode hoenderprys hierdie nuwe werkloses help? Ek kan verstaan dat hy die plaaslike markte wil stimuleer, maar hou op om vleis in te voer!!

Jasper ·

As elkeen net vir 2 weke weier om hoedervleis te koop sal hulle wakker word.
Dit maak mens “Die Hoenders in “

Vas Vat ·

So…2 + 2 = 5 Hoekom moet die verbruiker betaal vir ander se onkunde.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.